Sunday, June 9, 2013

Daar was 'n boer wat mielies gekweek het...


Mielies

Elke jaar het hy sy mielies ingeskryf by die landbou skou en soos klokslag wen hy die blou roset vir die beste mielies in die distrik.

Een jaar het die joernalis van die plaaslike dagblad 'n onderhoud met hom gevoer en iets baie interessants geleer rondom die boer se manier van mielie verbouing. Die verslaggewer het te wete gekom dat die boer sy aanplantings saad deel met sy bure.

"Hoe kan jy dit bekostig om jou mielie saad te deel met jou bure terwyl hulle ook elke jaar inskryf vir die beste mielie kompetisie?" vra die verslaggewer aan die boer.

"Maar meneer," sê die boer "het jy nie geweet? Die wind tel stuifmeel op van die ryp wordende mielie koppe en waai dit van saailand na saailand. Indien my bure minderwaardige gehalte mielies verbou sal kruisbestuiwing stadig maar seker die kwaliteit van my mielies nadelig beïnvloed. Indien ek goeie mielies wil hê moet ek my bure help sodat hulle ook goeie mielies verbou."

Die boer was terdeë bewus van die mens se interafhanklikheid van mekaar.

Sy mielies kan nie verbeter tensy sy bure se mielies nie ook verbeter nie.

So is dit ook gesteld met ons lewens. Die wat in vrede wil lewe moet ook hul bure help om in vrede te lewe. Die wat gelukkig wil wees moet ook ander om hulle help om geluk te vind aangesien die welstand van elke een verbind is aan die welstand van almal.

"Daar is een wat ruim uitdeel en nog meer kry, en een wat terughou meer as wat reg is, maar tot sy gebrek. Die siel wat seën, word versadig; en hy wat laaf, word self ook gelaaf." - Spreuke 11:24-25

My gebed vir elkeen van julle, is voorspoed, gesondheid, vrede, vreugde en genade. Mag Jesus elkeen ryklik seën en Sy beskermende Hand oor elkeen hou.

Ek het bogenoemde storie ‘n paar jaar gelede gelees op die Internet, en weer onlangs raakgesien op Faceboek. Ek weet nie waar die storie sy oorsprong het nie, of wie die oorspronklike skrywer is nie, maar voel dit MOET gedeel word.

No comments:

Most viewed posts:

tia4christ.blogspot.com