Wednesday, March 21, 2012

Die Mobiele Etes Wonderwerk


Hieronder volg ‘n uittreksel van ‘n brief wat ek onlangs ontvang het van die Admin Bestuurderes van hierdie baie spesiale gemeenskapsdiens. Julle sal weet wat om te doen.

Moenie uitstel nie – DOEN DIT NOU, asseblief!

Die brief uittreksel...

Mobiele Etes is gestig in 1964 en sedert daardie tyd het ons ontdek dat dit `n baie spesiale tipe persoon is wat plek maak in hul hart vir die hulpbehoewende bejaardes. 

Hou asseblief altyd in gedagte dat u `n werklike persoon borg wat werklike behoeftes het - iemand wie se lewe net `n bietjie meer draaglik gaan wees as gevolg van u goedhartigheid. Ons vertrou dat u verheug sal wees met die gedagte dat elke maaltyd wat ons aflewer by ons hulpbehoewende ou vriende, altyd ontvang word met baie blydskap en dankbaarheid.

Meer as dit, u welwillende borgskap gee ons die vrymoedigheid om betekenisvolle langtermyn verbintenisse te smee met diegene in ons sorg. Hierdie tipe verbintenisse gee aan die bejaardes die gemoedsrus wat hulle verdien in hulle herfsjare.

U sal bly wees om te verneem dat Mobiele Etes Gemeeskapsdienste geregistreer is by die Suid-Afrikaanse regering as `n Openbare Weldaadsorganisasie (Nommer 930032581). Dit beteken dat al u bydraes tot Mobiele Etes belastingvry is. Ons sal elke jaar in Junie `n belasting-aftrekbare kwitansie aan borge stuur.

Indien u enige vrae het rakende 'n borgskap of oor die Mobiele Etes program, skakel asseblief vir Erika of Yolandi by 0860 000 700 (u oproepkoste is dieselfde as diè van `n plaaslike oproep).

Klik asseblief HIER om die video voorlegging van die "Meals on Wheels Makeover Project" te sien in venootskap met die personeel van die Verenigde Koninkryk Ambasade en Nature's Choice.

Besoek asseblief ons webtuiste by www.mowglobal.org.

Die uwe

Erika Botha
ADMIN BESTUURDERES
0860 000 700


English readers are most welcome to visit the Website: The Meals on Wheels Miracle

SPREAD THE WORD
Facebook, Twitter, E-mail, Everywhere!

No comments:

Most viewed posts:

tia4christ.blogspot.com