Monday, May 10, 2010

BOOK REVIEW – GEBROKE LAND


The following is an excerpt from Martiens van Bart’s review of the book Gebroke Land (‘Nuut op die rak’, Die Burger, 23 March 2010) for readers who are interested in the rich cultural history of South Africa.


The book deals with the lesser known history of the Afrikaans Christian community, the causal progression of war, political oppression, poverty, marginalisation and social decay. Over the past few decades it has become high fashion among the lackeys of the existing political order to demean the Afrikaans community and culture in an often crude and insensitive manner. Journalists who portray impoverished Afrikaans families and individuals as riffraff are praised lavishly. The real reasons for the decay are never stated, apparently because doing so would foil the campaign of oppression.

“Gebroke Land: Armoede in die Afrikaanse Gemeenskap sedert 1902", edited by Danie Langner, with photographs and compiled by Paul Alberts, Kraal Uitgewers, on the instruction of Solidarity Helping Hand, in large format with 272 pages glossy paper. This is a high-quality book on the whole.

The photo filled coffee table book is a collectors item available for only R350 (including postage). Leather-bound copies signed by the authors are also available.

Books can be ordered by phone at 012 644 4390 or e-mail: diens@helpendehand.

I have taken the liberty of including the Afrikaans version of the book’s review on this page:

Gebroke Land - Boekresensie

Vrygestel deur Solidariteit Helpende Hand

Swart-en-wit foto’s vertel die hartseer stories van honger en seer ingeweef in drie tydperke van wanhoop in die geskiedenis van die Afrikaner in Suid-Afrika. Gebroke Land is in Oktober verlede jaar deur Solidariteit Helpende Hand vrygestel by die Reddingsdaadkongres by die Voortrekkermonument, waar die nuwe armblankevraagstuk van 1994 en daarna aangepak is. Hierdie lywige koffietafelboek is ‘n versamelstuk met foto’s van die bekende fotojoernalis Paul Alberts en vertel vir die eerste keer die volledige verhaal van wit armoede in die geskiedenis.

Gebroke Land vertel dan ook die storie van oom Frederik Jacobus van Zyl (88), met sy trotse, regop skouers en hartseer oë, wat genoop is om twee tydperke van Afrikaner-armoede in een leeftyd te beleef – eers as kind van die Depressiejare en weer vandag. Só word hulde gebring aan die Afrikaner, wat ná die verwoestende Anglo-Boereoorlog van 1902 en weer ná die droogte van 1933 daarin geslaag het om, ten spyte van ’n onsensitiewe regering, die vernietigende armoedesiklus te verbreek. Die boek lê klem op die veranderende denkraamwerk waardeur die nuwe Afrikaner-armoedevraagstuk tans deur Solidariteit Helpende Hand aangepak word.

Helpende Hand se aksieplan gryp dan ook volgens die boek op ’n maatskaplike, geestelike en kulturele vlak in om sodoende die Afrikaner in staat stel om die armoede sirkel in totaliteit te verbreek. Volgens dr. Danie Langner, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand en redakteur van Gebroke Land, is lyding onlosmaaklik met die Suid-Afrikaanse geskiedenis verweef, maar volgens hom is gedeelde lyding ‘n krag wat positief gebruik kan word om vir alle landsburgers’n beter toekoms te skep.

Gebroke Land verbreek dan ook die polities nie-korrekte stilte rondom wit armoede in 1994 en daarna deur treffende statistiek bekend te stel.’n Skokkende R2 miljoen Afrikaners leef tans onder die broodlyn, met werkloosheid wat sedert 1994 met sowat 150% toegeneem het. In die boek word daar melding gemaak van 77 wit plakkerskampe in Pretoria, wat reeds ná publikasie tot 79 vermeerder het.

Die boek bestaan uit 20 uiteenlopende artikels deur vooraanstaande akademici soos prof. Erna Prinsloo van die Universiteit van Suid-Afrika en mnr. Christo van der Rheede van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans, wat doelbewus die fokus op die Afrikaanse armoedevraagstuk plaas. Die artikels word in drie afdelings ingedeel, naamlik die ekonomiese en maatskaplike herlewing ná die Anglo-Boereoorlog, die Carnegie-ondersoek en die invloed van die Eerste Ekonomiese Volkskongres van 1939, asook die nuwe Afrikaner-armoede van 1994 en daarna.

Volgens Langner sal die ondersoek van die blanke-armoedevraagstuk in die toekoms op armoede in totaliteit fokus en nie die bruinmense in Suid-Afrika uitsluit nie.

Gebroke Land is meer as ’n geskiedenisboek; dit is ’n erfstuk.

Paul Alberts is sedert 1975 ‘n vryskutjoernalis wat hom hoofsaaklik op sosiaal-dokumentêre fotografie toespits. Alberts is die eerste fotograaf in die geskiedenis wat ’n erepenning van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ontvang het. Hy het die erepenning in Maart 2002 ontvang. Tot op hede is agt fotografieboeke met sy werk gepubliseer. Alberts het ook die waardevolle foto’s van die destydse Carnegie-kommissie opgespoor wat die armblankevraagstuk van 1929-1932 ondersoek het. Die foto’s, wat waarskynlik andersins verlore sou gegaan het, is gedokumenteer en in Gebroke Land gepubliseer.

Dr. Danie Langner, redakteur van Gebroke Land, behaal in 1994 sy BA-teologiegraad en in 1997 die graad B.Th. Hy verwerf dan ook sy meestersgraad in ekklesiologie in 2000 en later sy doktorsgraad in 2004, waarna hy die bediening betree as NG predikant in Bloemfontein en Klerksdorp-Oos. Langner sluit in 2008 by Solidariteit Helpende Hand aan, waar hy sedertdien die pos van uitvoerende direkteur beklee.

Bestel Gebroke Land by Solidariteit Helpende Hand by 012 644 4390 of e-pos diens@helpendehand.co.za

Bron: www.helpendehand.co.za

No comments:

Most viewed posts:

tia4christ.blogspot.com